Met geloof en verhoudinge die onbekende in
top of page

Met geloof en verhoudinge die onbekende in


In ons land is dit algemeen bekend dat baie ouers se kinders in die buiteland bly. Dit is seker een van die moeilikste dinge in die lewe, om jou kinders te laat gaan. Die laat gaan van die kleinkinders is nog moeiliker. Die enigste manier hoe ‘n mens dit regkry is om in goeie verhoudings te staan.

Rut se skoonma, Naomi, se seuns is beide oorlede. Naomi wil terugtrek Betlehem toe. Sy moedig haar skoondogters, Orpa en Rut aan om agter te bly in Moab. Hulle was van Moabitiese herkoms. Orpa besluit om by haar familie agter te bly, maar Rut sê dan dat sy saam met haar skoonma gaan trek.

Om in Suid-Afrika te bly is ook soos om in ‘n nuwe land te woon. Of jy nou emigreer of hier bly, jy bly in ‘n nuwe land. Ons land het baie verander. Elke dag gebeur iets nuuts. Ons land is in onseker tye. Dit bly terselfdertyd elke dag ‘n uitdaging en ‘n avontuur om hier te lewe.

Die enigste manier om te oorleef, is in goeie verhoudings. Rut leef haar lewe in verhoudings. Sy kies vir ‘n verhoudingsgedrewe toekoms. Met die Here aan een kant en haar mooi verhouding met haar skoonma aan die ander kant, pak sy haar toekoms in die nuwe land aan. Wat ‘n mooi voorbeeld is dit nie!

Die enigste manier hoe ons ‘n sukses kan maak van ons lewe is Suid-Afrika, is deur verhoudings gedrewe te lewe. Jou verhouding met die Here moet belangrik wees, Soos Moses moet jy ‘n persoonlike verhouding met die Here hê. Soos Rut moet jy mooi familieverhoudinge kweek. In Suid-Afrika het ons nodig om verhoudings te hê wat saakmaak en ons land opbou, in plaas van afbreek.

Met mooi persoonlike verhoudings en ‘n intieme verhouding met die Here, kan ons, ons toekoms in Suid-Afrika aanpak en ‘n sukses daarvan maak. Hoe lyk jou verhoudings? Bou jy op of breek jy af?

Laat verhoudings wen in jou lewe.


bottom of page