Ek val nooit ver genoeg om nie weer elke dag op te staan nie

September 5, 2019

Die woorde van die bekende prediker, D. L. Moody, bly my altyd by: “I am only one, but I am one. I cannot do everything, but I can do something. And that which I can do, by the grace of God I will do.” My “superkragte” is nie om deur die lug te vlieg nie. Of om vinniger as lig te hardloop nie. Ek kan nie kits-wonderwerke produseer nie. Of gebede bid wat die aarde laat bewe en mense laat neerslaan nie. Eintlik wil ek maar net daardie paar dinge met integriteit dit doen wat ekself vir die Here moet doen. En dit is om my geloof in Christus konsekwent uit te leef en om ander mense met my talente te dien. Partykeer gebeur dit sukkelend. Die goeie wat ek wil doen, kry ek nie aldag gedoen nie. Tog jaag ek saam met Paulus die Here se volmaaktheid en heiligheid na met alles in my. Ek struikel soms oor my woorde. Ek slaan neer oor my onbeholpenheid. Partykeer laat ek die Here en ander mense in die steek. Maar deur Sy genade staan ek weer op. Want ek kan elke dag iets spesiaal vir die Here doen. En ek sal ook!

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 15, 2019

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: