top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Al is dit nie my skuld nie, is dit steeds my verantwoordelikheid!


Wanneer dinge skeefloop is dit maklik om die skuld hiervoor te plaas op ander se skouers. Blameerders soek gedurig na sondebokke vir foute. Maar dit help nie om dinge beter te maak nie. God het ons in elk geval nie op die aarde geplaas om ons lewe in ’n blamering-modus deur te bring nie. Dan verval onsself in ‘n dodelike spiraal van kritiek, foutvind en afkraak. Die Here roep ons op tot ‘n meer sinvolle lewe as dit, naamlik om ons eie stukkie verskil te maak daar waar ons elke dag leef. Al is dit nie ons skuld dat die wiele rondom ons afval nie, is dit wel ons verantwoordelikheid om hulle te help terugsit. Al is dit nie ons skuld dat mense daar by ons werk of elders korrup is nie, is dit ons verantwoordelikheid om dit te briek op ons eie voorstoep. Ons is be-opdrag en ge-taak om God se koninkryk te laat kom en sy wil te laat geskied. Elke stukkie reg doen maak die regte emmers druppel vir druppel vol. Elke keuse vir die Here se lig, dryf die donkerte terug in die hoek in. Ons vat graag verantwoordelikheid, die Here se soort!


bottom of page