“Professor G” help ook net so ver!

August 22, 2019

Almal hardloop deesdae heel eerste na “professor Google” toe as hulle iets wil weet. In milli-sekondes is inligting hier beskikbaar oor enigiets. Meestal is dit boonop verniet. Maar daar’s een ding waarmee “professor G” jou nie kan help nie, en dit is met wysheid. Wysheid oor hoe om al hierdie kennis reg toe te pas en hoe om sinvol te leef, is vandag skaarser as ooit. Ons wêreld smag na sulke wysheid. Ons almal is op soek na wyse mense wat op die pad van Spreuke leef. O ja, sulke wysheid kan net bemeester word aan die Here se voete. Van daar af mond dit uit in jou ganse lewe - in hoe jy dink, leef, praat, en optree. Wel, waar trek jyself op die Here se pad van wysheid? Soek jy dit elke dag met alles in jou? Spreuke 2:2-6 sê juis dat om wysheid met jou hele hart na te jaag, is om die Here Self te vind. As jy na wysheid soek soos wat jy na ’n kosbare skat soek, sal jy dit vind. God deel graag wysheid met jou wat jou lewe propvol volmaak met betekenis en vreugde. Jaag dit na met alles in jou. Dit is ’n ewigheid meer werd as “professor G” se informasie.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 19, 2019

November 15, 2019

November 12, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: