Net Jesus is “larger than life”
top of page

Net Jesus is “larger than life”


Iemand vra een keer vir ‘n bekende Christen sportman hoe hy dit regkry om nederig te bly en steeds die Here te dien in ‘n kompeterende sportwêreld. Sy antwoord was aangrypend: “Ek maak ‘n slegte afgod uit! Kyk asseblief verby my en sien vir God raak.” Hierdie ou het besef hyself is maar net ‘n doodgewone mens wat deur die Here gebruik word om vir ’n klompie ander mense ‘n inspirasie te wees. Hy het besef hy moet deursigtig bly sodat ander vir God in sy lewe kan raaksien. Leer by hom om Christus as jou enigste Rolmodel en Held raak te sien.

Slegs vir Jesus kan jy met jou hele lewe vertrou. Hy is die enigste Persoon in die ganse wêreld wat jy elke dag kan navolg, want sy voetspore lei na egte lewe toe! Nog beter: Jesus Self is die Pad en die Eindbestemming, dit alles in een. Net Hy is regtig “larger than life.” Om sy getuie te wees beteken jy moet deursigtig raak sodat ander Hom ook kan raaksien. Jou woorde en dade mag nooit in Jesus se pad staan nie. Of ander mense se uitsig op Hom verberg nie.


bottom of page