top of page
  • deur Pierre Engelbrecht

Learning Community 1 Augustus 2019 [nuus]


Ekerk is trots om 'n volgende Learning Community aan te bied. Ons Learning Communities is geleenthede waar 'n klomp geestelike leiers bymekaar kom om saam te luister, te leer en kuier met die fokus om ons bedienings te versterk. Hierdie Learning Community seminare is ook geakkrediteer om VBO en PCD punte toe te ken. Ekerk bied op 1 Augustus 2019 by Mosaïek Gemeente in Fairlands so 'n geleentheid aan waar ons gaan gesels oor "Kreatiwiteit = nuwe lewe = vars geloof". Lees meer en registreer vir die geleentheid hieronder of kontak vir info@ekerk.org om meer uit te vind. Meer oor die dag: Die ekerk Learning Community is 'n leer geleentheid wat spesifiek bedoel is vir geestelike leiers wat meer wil leer binne die konteks van gesprek, gemeenskap en geloofwaardige bronne. Vir hierdie geleentheid fokus ons op kreatiwiteit. Om meer spesifiek te wees gaan ons kyk na die belangrike rol wat kreatiwiteit in ons bediening speel. Kreatiwiteit lei tot 'n nuwe lewe en 'n vars geloof. Ons gaan dit doen onder andere deur te kyk na hoe kreatiwiteit moontlik kan lyk in 'n tyd van onverkende waters in Suid Afrika en hoe belangrik 'n kultuur van kreatiwiteit is in 'n gemeente asook hoe dit gekweek kan word. Ons gaan hierdie tema ondersoek vanuit ‘n Bybelse perspektief, gemeentebou konteks asook vanuit 'n korporatiewe invalshoek. Waar: Mosaïek Gemeente, Fairlands Wanneer: 1 Augustus 2019 Tyd: 9:00-15:30 Tema: Kreatiwiteit = nuwe lewe = vars geloof Koste: R300 pp (sluit filter koffie asook middagete in) Sprekers vir die dag:

  • Gideon Galloway (CEO van King Price)

  • Stephan Joubert (skrywer, teoloog, ekerk)

  • Roedolf Botha (leraar, kerkplanter)

Registreer aanlyn deur hierdie skakel te volg. Vir enige vrae, kontak info@ekerk.org.


bottom of page