Watter voordele bied wysheid?
top of page

Watter voordele bied wysheid?


Spreuke se wysheid is nie net mooi praatjies nie. Wysheid moet uitgeleef word in die regte lewe. Hoor net watter voordele bied wysheid aan jou in Spreuke 8:

  • Wysheid is kosbaarder as die duurste edelstene. Dit is meer waardevol as alle aardse skatte (8:11)

  • Wysheid is gelyk aan insig en ware kennis (8:12). Om Wysheid te ken, is om die regte geestelike IK te hê. Dit is om op God se Top Tien te wees.

  • Wysheid is nederig (8:13). Dit keer dat jy te vol is van jouself.

  • Wysheid is om goeie raad te ken en om ’n suksesvolle lewe te leef (8:14)

  • Wysheid is om eer te geniet by God en mense (8:18).

  • Wysheid is om reg te leef en reg te doen. Daar waar wysheid is, word mense reg behandel. Daar word die pad van die Here opreg bewandel (8:20)

  • Wysheid is ware rykdom. In Wysheid se eie woorde: “Ek maak dié wat My liefhet ryk, ek maak hulle skure vol” (8:21).


bottom of page