‘n Nuwe begin is ‘n vars getuienis
top of page

‘n Nuwe begin is ‘n vars getuienis


Toe die Here oor begin het met Dawid na sy sondepad met Batseba waarvan ons in 1 Samuel 11-12 lees, kon hy genadiglik weer opstaan. Omdat Dawid bereid was om op sy knieë voor sy God te staan en sy oortredings openlik voor Hom neer te sit, het God hom op sy beurt toegelaat om weer regop te staan tussen ander mense. Dawid kon hulle nou weer met ‘n rein gemoed in die oë kyk, want God het sy rekening skoongevee. Sy lewe was skoon.

Wanneer die Gees van God jou laat opstaan nadat jy met jou gesig in die modder geval het, dan laat Hy jou altyd regop staan tussen ander. Dan plaas Hy boonop ‘n kraakvars nuwe getuienis op jou lippe en oor jou ganse lewe. Dan sing jy op ‘n nuwe manier oor God se genade. Dan vertel jy op ‘n vars manier vir ander van God se aangrypende goedheid wat jyself eerstehands geproe en gevoel en gesien het. Dan is daar ‘n nuwe vastheid in jou lewe; ‘n nuwe opwinding in jou binneste; ‘n nuwe ritseling van God se Gees in jou hart en ‘n nuwe visie voor jou oë. Ken jy daardie gevoel? Wel, laat die Gees toe om jou te laat buig voor God sodat jy ook kan regopstaan in die wêreld tot ‘n getuienis vir Hom.

Gebed

Heer Jesus, tel my op sodat ek vir U kan regop staan. Amen


bottom of page