‘n Lewende seën van een
top of page

‘n Lewende seën van een


Trek ander mense enige voordeel uit die feit dat jy ‘n kind van God is? Wel, leer by Paulus wat so iemand was. Hy was ’n een-man verskilmaker. Sy teenwoordigheid op enige plek het mense se lewens gered. Presies so iets gebeur in Handelinge 27 terwyl Paulus op ‘n boot is onderweg na sy gevangeskap in Rome. Dan tref ‘n groot storm hulle skip. Dit het hulpeloos op die see rondgedryf. ‘n Engel kom sê egter vir Paulus God wil hom in Rome hê om daar voor die keiser te getuig (vers 23-26). Daarom het Hy besluit om die lewens van almal aan boord saam met Paulus s’n te spaar. Dit gebeur omdat een van sy knegte aan boord is.

Iewers maak ons die fout om te dink ons moet eers ’n groot skare wees voordat ons ‘n verskil in die wêreld kan maak. Ons dink sukses is gelyk aan getalle. Groot kerke, baie getuies, reuse aksies... Toe nie! Getalle is nie ‘n voorwaarde vir hemelse seën nie. Net een gelowige op die regte plek op die regte tyd is oorgenoeg. So sê God. Is jy daardie een? Is jy op die regte plek waar God jou in ’n seën vir ander wil verander?


bottom of page