Leef in HOOFLETTERS
top of page

Leef in HOOFLETTERS


Martin Luther King jnr. het op ‘n keer gesê dat as jy ‘n straatveër is, dan moet jy dit doen met dieselfde passie as waarmee Michaelangelo sy beeldhouwerke uitgekap het, of waarmee Mozart sy musiek gekomponeer het. Dit is wat Paulus bedoel as hy skryf dat ons tot eer van God moet leef in alles wat ons doen en sê in Kolossense 3:17. Anders gesê, die Heer se Naam moet in HOOFLETTERS geskryf staan bo-oor elke woord op ons lippe en bo-oor elke daad wat ons doen. Die Here moet die Eregas wees by elke gesprek wat ons voer. Hy moet die Getuie wees van elke taak wat ons verrig. By elke ete moet Hy die Gasheer wees. Of ons werk, speel of slaap, ons moet dit doelbewus doen om God se hart bly te maak. Pro-aktief en intensioneel moet ons die Here deel maak van ons daaglikse lewe. Ons moet Hom uitbundig, voelbaar en sigbaar liefhê. Dan is ons lewe ‘n voltydse crescendo oor God se goedheid. Dan leef ons in HOOFLETTERS, daardie soort wat God maklik raaklees. Ander mense ook. Dan verheerlik ons Hom op die regte maniere.


bottom of page