Ons smelt toe nie so maklik nie

“We have not journeyed all this way because we are made of sugar candy!” Dit het die Britse premier, Winston Churchill, op ’n keer gesê. Dit is ook waar vir ons as gelowiges. Ons is nie ‘softies’ nie, selfs al is ons mense van die liefde. Die Here se liefde laat ons nie op ‘n wolk van geluksaligheid rondsweef nie. Ons voete raak elke dag grond te midde van die seer en swaar van onreg, dood, worstelinge en nuwe uitdagings rondom ons. Anders gesê, ons volg die Here in die regte lewe. Ons weet dit kos guts om dag vir dag te kies om stroom-op in Hom te glo. Ons weet dit kos leeuemoed om nie saam met almal in die stroom van woede en ontevredenheid meegesleur te word nie. Maar ons kies die regte pad omdat ons weet die Here is by ons. Ons is swak, maar sterk. Ons is weerloos, maar weerbaar. Ons is breekbaar, maar dapper. Ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie. Ons volg vir Christus. Hy het sy kruis enduit gedra. Ons gaan dit ook doen. Ons is hier om die pad saam met Hom klaar te maak. Die lewe gaan ons nie onderkry nie. Ons smelt nie onder die hitte van swaarkry en teenstand nie.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

December 6, 2019

December 5, 2019

December 3, 2019

November 29, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: