Belegger of verbruiker, maak jou keuse!
top of page

Belegger of verbruiker, maak jou keuse!


Daar’s twee soorte mense: verbruikers en beleggers. Verbruikers is diegene wat alles en almal rondom hulle gulsig opgebruik – mense, vriendskap, geld... jy noem dit. Verbruikers het nooit genoeg nie. Hulle is bodemlose putte. Maak nie saak wat jy vir hulle doen nie, dit is altyd te min. Hulle glo die lewe skuld hulle! Jy ook. Nooit is jy uit die skuld by sulke mense nie.

Op hulle beurt is beleggers daardie klein groepie mense wat uit oorvloed leef. Hulle het genoeg, al het hulle min op hul naam. Hulle is tevrede, al is almal rondom hulle ongelukkig. Hulle bou op terwyl die res alles afbreek. Hoe verander jy vanaf ‘n verbruiker na ‘n belegger? Wel, belê jou lewe voluit by God! Sy hemelse skatkamers loop altyd oor van genade, vrede, vryheid en liefde. Hy het ons geseën met alle geestelike seëninge in die hemel in Christus Jesus. Let wel, Hy het dit klaar gedoen. Dit is nie iets wat nog op ons wag nie. So skryf Paulus in Efesiërs 1. Word asseblief ‘n deelgenoot van sy hemelse oorvloed. Dan het jy meer as genoeg. Dan loop jou beker oor! Dan het jy altyd iets om te deel vanuit die Here se hand. Altyd.


bottom of page