Alleenreg

As die Gees die slag sy intrek by jou adres neem, dan begin groot dinge gebeur. Die Heilige Gees kom nie saggies of stilweg nie. Nee, as die Gees kom bly, dan kom Hy met ‘n reuse huisskoonmaak aksie. Dan maak Hy behoorlik huis skoon. Die Gees deel nie sy woonplekke met onwelkome besoekers of plakkers nie. Hy het alleenreg op elke aardse eiendom van Hom en bewaak dit met ‘n heilige jaloesie.

 

Toe die Heilige Gees by Dawid se lewe die dag kom intrek het, het Hy dadelik kragtig deur sy kneg begin werk. Almal kon dit sien en ervaar. Dawid se lewe het verander. Hy was skielik Gees-deurweek en Gees-gedrewe. Vandaar dat sy lewe so ‘n kragtige stempel op al die Israeliete afgedruk het. Anders as die Gees-lose Saul, was die Gees-volle Dawid nou ‘n stem van hoop. Selfs sy lier se musiek was so anders dat dit die rustelose hart van Saul tot bedaring gebring het (1 Samuel 16:14-23).

 

Die Gees maak diegene in wie Hy woon tot ‘n lewende seën vir ander mense rondom hulle. Hy is immers ingestel op gemeenskap. Hy is op soek na nuwe aardse woonhuise wat Hy kan versier met God se genade. Daarom al sy mooimaak aksies in ons lewe sodat ons magneties kan raak en ander nadertrek na God toe!

 

Gebed

Here maak my magneties. Maak my lig. Maak my sout. Amen.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

December 13, 2019

December 6, 2019

December 5, 2019

December 3, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: