Lysies vir die lewe van Ma’s [resensie]
top of page

Lysies vir die lewe van Ma’s [resensie]


Talle kinders ken die tweeling, Chris en Joy, en hulle oulike beagle, Gracie. Hulle verhale het bemind geword onder kinders van 8 tot 12 jaar oud.

In dié boek kry die drie karakters die geleentheid om weer deur die deur te stap na die land van Lig waar hulle tydreise meemaak wat hulle in staat stel om mense soos Thomas Edison, Anne Sullivan, onderwyseres van Helen Keller, Robert Chapman, Daniël, Amy Carmichael, koning Dawid, Eric Liddell, die evangelis Markus, Paulus en moeder Teresa te ontmoet. In hulle gesprekke leer hulle wat die praktiese implikasies van die vrug van die Gees is. Elkeen hiervan – liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing – word aan die hand van verhale gedemonstreer. Op praktiese manier demonstreer dit wat dit beteken om vir ander om te gee.

Die boek is in taal geskryf wat bevatlik is vir kinders en die sketse en ander kuns daarin is ook op hulle vlak. Die teks is van hoogstaande gehalte maar die span wat vir die teksversorging en kunswerk verantwoordelik is, verdien ook komplimente.

Die boek sluit af met Bybelstudies oor die nege vrugte van die Gees, weer eens keurig versorg. Daar is geleentheid vir die kind om te oordink, te lees en te leer, en te doen. En om oor verskeie sake te bid. Die boek eindig dan met ʼn gawe toetsie om seker te maak jy weet waaroor die vrug gaan.

Voorwaar ʼn ontdekking van die vrug van die Gees wat heelwat avontuur inhou!

ʼn Moet vir laerskoolkinders wie se geestelike vorming nou krities is.


bottom of page