Hou op sê ons moet ons seëninge tel
top of page

Hou op sê ons moet ons seëninge tel


“Ons moet ons seëninge tel.” Ken jy hierdie uitdrukking? Gebruik jy dit ook? Wel, hou op! Ja, jy het reg gelees. Hou net op. Dit help niks jy sê dit gedurig en jy doen dit nie. Loop tel jou seëninge ’n slag. Gaan doen dit net. O ja, tel hulle sommer een vir een. Dan sal jy baie gou agterkom die Here oorlaai jou met so baie seëninge dat jy nie genoeg tyd het om hulle almal op die naam te noem nie. Nuwe seëning kom net te vinnig. Hou ook op om jouself met ander mense te vergelyk wat swaarder as jyself kry, net om daarna te sê jy moet dankbaar wees want dinge kon erger gewees het. Moenie sulke dinge sê nie. Jy leef nie in ander mense se skoene nie. Jy weet nie wat hulle deurgaan nie. Jou swaarkry is joune en hulle swaarkry is hulle s’n. Sê jy maar net elke dag vir die Here dankie vir elke skewe snytjie brood op jou tafel, en vir elke stukkie gesondheid. Bid ook vir ander wat swaarkry sonder om jou situasie met hulle s’n te vergelyk. Dan leef jy reg.


bottom of page