Kuier asseblief saam by die Hemelse Topbestuur
top of page

Kuier asseblief saam by die Hemelse Topbestuur


Dit is die bestuurders van enige maatskappy se taak om toe te sien dat hulle visie deurgevoer word; dat die werkers tevrede is, en dat nuwe werksmoontlikhede ontgin word. Sonder goeie bestuur is enige instelling in groot moeilikheid. Gelukkig vertel die Bybel vir ons dat die heelal juis onder die beheer van ’n uitmuntende “Topbestuur” staan. Die drie-enige God self stuur ons wêreld op ‘n koers wat een van die dae gaan uitloop op ‘n splinternuwe wêreld.

God stel Homself in Genesis 1:1 as die Skepper bekend, die Een wat alles gemaak het. Genesis 1:2 vertel ook vir ons dat sy Gees van ‘n ewigheid voor die skepping af reeds saam met Hom aktief was. Later, in Johannes 1:1 en in Kolossense 1:15-20 hoor ons nog ‘n verdere dosis goeie nuus en dit is dat Jesus ook van die begin af saam met die Vader was. Van altyd af, van ‘n ewigheid voor Genesis 1 se begin, is die drie-enige God dus reeds daar. Ek moet erken my kop is heeltemal te klein om dit te verstaan en my woorde is boonop te min om dit enigsins te beskryf! Maar wat ‘n wonderwerk om in die hande van so ‘n hemelse Topbestuur te mag wees. Ek wil regtig nooit vir iemand anders leef of werk nie!


bottom of page