“Praat” jou liefde?
top of page

“Praat” jou liefde?


As jy oor jou lewe terugkyk, sal jy vind dat die tye toe jou liefde ge-“praat” het, jy werklik gelewe het. Want wanneer jy opregte en spontane liefde sommer net géé, word jý en ander ánders. Dán kom bly daar ’n stuk onverklaarbare vreugde in jou hart wat jou wil laat sing en dans! En die vir wie jy liefde gegee het? Hulle word met dankbaarheid gevul omdat hulle op ’n onverklaarbare manier iets van die wese van Christus beleef het.

Vra jouself vandag:

  • Hoe kan ek vandag aan die mense wat my pad kruis, wys hoe groot Jesus se liefde werklik is?

  • Watter van my liefhê-mense kan ek vandag verras met ‘n spesiale gebaar van omgee en liefde?

  • Op watter manier kan ek onbekendes vandag sommer net spontaan met liefde seën?

Jesus self gee ons die opdrag: “Hierdie liefde van julle moet as’t ware hard en duidelik ‘praat’. Mense moet daarna kyk en sê: ‘Kyk net, daar’s ‘n volgeling van Jesus.’” (Joh 13:35)

Liefde wat praat, verander mense se lewens. Dit laat ander waardevol, spesiaal en gekoester voel. En dit laat ons betekenisvol en vervuld voel.

Jesus, ek is soms maar ‘n suinige liefdesuitdeler. Vergewe my daarvoor en leer my asseblief die taal van opregte en onvoorwaardelike gee-liefde.


bottom of page