Hart eerste
top of page

Hart eerste


“The heart wants what it wants” - so het Selena Gomez se trefferlied van 2014 geklink. In elk geval sy is reg. Ons almal dink met ons hart. Solank as wat ons meen dat slegs die regte soort kennis genoeg is om mense te skuif of te verander, gaan die wêreld dieselfde bly. Ons almal dink heel eerste met ons emosies. Studie op studie bewys dit. Ons weet intuïtief hoe ons voel oor dinge. Daarom dat dit so belangrik is om mense se gevoelens aan te spreek wanneer lewensverandering ter tafel is. Ons hart is immers die setel van ons wil en van ons diepste emosies. So leer die Bybel ons ook. Daarom dat ons ons hart baie goed moet oppas, want dit is die oorsprong van lewe en dood. So leer Spreuke 4:23. Die Here roep ons op om Hom ook met ons hart lief te hê, nie net met ons verstand nie. Ons hart moet warm klop vir die Here. Ons geloof moet ons wil, ons denke, maar ook ons diepste emosies roer en verander. Dan kry ons hart regtig wat dit wil hê! Dan kry ons God se vrede wat die hart en die verstand te bowe gaan.


bottom of page