Genoeg gepraat – doen net iets …
top of page

Genoeg gepraat – doen net iets …


“If not us, then who If not me and you Right now, it’s time for us to do something, yeah If not now, then when Will we see an end To all this pain Oh, it’s not enough to do nothing It’s time for us to do something”

Hierdie is ‘n uittreksel uit ‘n liedjie van Matthew West, wat hy skryf na sy ontmoeting met Andrea, ‘n voormalige student van die Universiteit van Chicago.

Tydens haar studies bring sy tyd in Uganda deur om mikro finansiering te bestudeer. Daar raak sy betrokke by ‘n weeshuis waar die kinders verwaarloos en mishandel is. Dit het haar hart gebreek en sy besluit om iets te doen om hulle situasie te verbeter.

Na baie terugslae word die 40 weeskinders aan haar sorg oorgedra. Vasberade het sy begin met fondsinsameling in Amerika wat haar in staat stel om ‘n nuwe weeshuis, Musana, te begin. Op die vraag hoekom sy vir hierdie kinders geveg het is haar antwoord: "I just kept thinking, 'If I don't do something, who will?'"

Ons is Jesus se fisiese skakeling met hierdie wêreld, Sy ledemate. As Jesus iemand ‘n drukkie wil gee, dan stuur Hy vir my of jou om dit te doen. As Hy iemand wil voed, gooi Hy nie kos uit die Hemel in hul skoot nie, Hy stuur vir my of jou om hul fisies, prakties te bedien met kos. Wanneer Jesus glimlag is dit deur my en jou oë. Wanneer iemand hartseer is, stuur hy my of jou om die trane af te droog. As God ons gaan gebruik om Sy boodskap van liefde aan die wêreld te verkondig, gaan Hy ons lyf, gawes en talente gebruik.

Ek hoef nie ook ‘n weeshuis in Uganda te begin nie, ek kan dalk net vir my oorlaaide buurvrou ‘n ete neem. Of een maal ‘n maand by ‘n sopkombuis uithelp, betrokke raak by die menige liefdadigheids-organisasies wat altyd helpers soek. Of ek kan my naam op die kerk se diensrooster sit. Die gawes, talente, hulpmiddels en vermoeëns waarmee God my vertrou het, is die gereedskap wat ek in Sy diens kan gebruik, en met verantwoordelikheid tussen my ander verpligtinge inpas.

Ek kan kies om iets te doen, die Koninkryk tasbaar te maak OF ek kan in my gemaksone leef waar ek goeie bedoelings het, maar geen dringendheid het om iets daaromtrent te doen nie.

I don’t want a flame, I want a fire and I wanna be the one who stands up and says “I’m gonna do something” – Matthew West


bottom of page