top of page
  • deur Milanie Vosloo

Kinders van die Wind


“Hoewel jy die wind hoor waai, kan jy dit tog nie beheer of bestuur nie. Dit waai dit wil. Jy weet nie presies waar dit vandaan kom of waarheen dit uiteindelik waai nie. Maar nogtans waai dit. Presies dit is die manier hoe die Gees werk. Elke persoon wat uit die Gees gebore word, ervaar dit so.” Johannes 3:8

Dit was aanvanklik vir die sendeling moeilik om vir die Xhosa-gemeenskap in Transkei die konsep van die Heilige Gees te verduidelik totdat Hy dit aan hulle verduidelik het as “Amoija!”, wat wind beteken. Hulle kon immers die effek van die wind sien en hoor!

Toe Jesus aan Nikodeumus die term, Heilige Gees, bekend gestel het, het Hy presies ook hierdie simboliek gebruik toe Hy gesê het dat dit die wind van die Gees ‘n effek het op dit wat Hy aanraak.

Ek en jy is as’t ware kinders van die Wind. Ons is God se eiendom wat deur sy Gees in ‘n rigting gewaai. Wanneer die Gees ons aanraak, staan ons nie stil nie. Ons beweeg. Ons verander van vorm. Ons lyk nie net anders nie. Ons dink, doen en praat anders.

Hoe meer ons die Gees toelaat om deur ons te waai waar Hy wil, hoe nader sal Hy ons aan die plek waar ons behoort te wees. En hoe nader ons aan Hom is, hoe meer sal Hy in ons dink, doen en praat sommer net wéés.

Gees van God wat in my woon, verander my .....


bottom of page