top of page
  • deur Stephan Joubert

Ongeskikte eerlikheid is uit


“Verskoon my, maar ek is reguit,” sê iemand vir ‘n vriend van my. “Nee, nie heeltemal nie,” antwoord hy dadelik, “want dan sou jy jouself nie vooraf verskoon het nie.” In elk geval, in die naam van reguit-wees matig party mense hulleself die reg aan om te sê net wat hulle wil. En ook hoe hulle wil, want hulle is mos eerlik. Tog is dit nie wys om te sê wat jy wil wanneer jy wil nie - nie vir die Here nie! Hy verwag van ons om ’n permanente wag voor ons mond te sit, ’n hemelse een. Dit leer Psalm 141 my. Spreuke 13:3 en 21:23 sê juis om ons mond te hou is om ons siel te bewaar en om ons lewe te red. Ons moet goed dink voordat ons praat. Ons moet ons woorde met oorleg kies. Ons het nie ’n lisensie tot “ongetemde vryheid van spraak” nie. Ja ons mag eerlik wees. Ons moet ook, maar nie ongeskik-eerlik, of liefdeloos reguit nie. Dan dien ons net onsself. Dan wil ons onsself te alle koste laat geld. Sulke eerlikheid staan die Here niks aan nie. Ander mense ook nie.


bottom of page