God betaal om weg te kyk
top of page

God betaal om weg te kyk


Ons maak droog. Ons verloor koers. Ons stel mense teleur. En vir God ook. Wag! Stop! Is Hy regtig so teleurgesteld met ons soos wat ons dink? Toe nie! Nee, God ignoreer nie ons droogmakery nie, maar Hyself betaal ’n baie duur prys om nie gedurig hierin vas te kyk nie. Jesus se offer is die afkoopsom. Christus Self laat God wegkyk van alles wat ons verkeerd doen as ons aan Hom vashou. Jesus maak dat God ons nie net wil regsien nie, maar graag wil oorsien. Jesus maak dat God ons in genade raaksien, en nie in terme van ons oortredings nie. Elke slag as ons verleë by die Here opdaag met nog ’n vrag vol sondes, kan ons ’n hemelse genade-kyk te wagte wees wanneer ons Christus om genade smeek. Dan kan ons daar wegstap met ’n hand vol genade, en met die vaste oortuiging om voortaan in alles wat ons dink, praat en doen sy Naam te verheerlik. Goddelike genade is ons dryfveer om ons allerbeste vir die Allerhoogste te gee. Nee, genade laat ons nie in sonde rondlê nie; dit laat ons ng meer vir die Here leef. Dis hoe ons askies en dankie sê.


bottom of page