Wees ’n maraton-gelowige
top of page

Wees ’n maraton-gelowige


Die profeet Jeremia se lewe kan in een woord saamgevat word: hardepad! Dis presies wat hy gedoen het vir die Here. Vir meer as 40 jaar moes hy vir Israel sê dat die wind van Bo teen hulle waai. Hulle was op pad uit. Die Babiloniërs, hulle vyande, sou die land vat. Israel se tempel sou dit ook nie maak nie. Hierdie woorde het hom baie gou in ’n persona non grata, ’n onwelkome figuur, in Jerusalem verander. Sluipmoordpogings, huisarres, lyfstraf en houtblokke was Jeremia se lot. Geen wonder nie dat Jeremia se geloof “a long obedience in God’s direction” was soos wat Eugene Petersen dit beskryf. Dag in en dag uit moes hierdie dapper profeet leer om sy oog op God te hou en nie op sy goor omstandighede nie. Hy moes God aanhoudend in geloof raaksien terwyl alles rondom hom in duie gestort het. Sulke geloof is geloof wat sin maak. Dit is nie maar net ’n ‘quick-fix’ geloof dat die Here jou omstandighede moet uitsorteer en dan gaan alles maar weer rustig voort nie. Nee, dit is ’n geloof wat God vertrou ten spyte van! Leer asseblief by Jeremia. Wees ’n maraton-gelowige.


bottom of page