Vanaf Johannes 3:16 tot by 1 Johannes 3:16
top of page

Vanaf Johannes 3:16 tot by 1 Johannes 3:16


Almal ken Johannes 3:16: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê.” Maar wat van 1 Johannes 3:16 wat sê Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir mekaar af te lê? Ken ons dit? Is ons bereid om dit ook te doen? In 1 Johannes 3:17 verduidelik Johannes hierdie roete nog verder deur te sê dat as ons sien dat ons broers en susters swaarkry maar ons help hulle nie, dan is die liefde van God nie binne-in ons nie. Liefde, die Here se soort, is nie maar net woorde nie. Ons sê nie net ons is lief vir die Here en vir mekaar nie; ons wys dit. Liefde word gesien, gevoel en gehoor. Liefde is eintlik ’n werkwoord. Dit is ’n doenwoord. Sonder dat dit oorgaan tot dade is liefde net woorde. Dan is dit mooi-klinkende teorieë. Ons kan eerlikwaar nie sê ons het God lief maar ons naasteliefde mond nie uit in nuwe verhoudings en aanhoudende dade van medelye nie.


bottom of page