Jou geld of jou lewe
top of page

Jou geld of jou lewe


“Jou geld of jou lewe?” Nee, dis nie ’n fliek of ’n misdaad-situasie wat nou aan die orde is nie. God self vra dit van jou. Wag, laat ek dit reg sê, God vra jou lewe, nie jou geld nie. Tog kyk Hy gedurig ook wat jy met jou geld doen. Jou vrygewigheid enersyds, of jou suinigheid andersyds, is duidelike barometers vir jou eie geloof. Die manier hoe jy met jou besittings omgaan wys gedurig in wie se diens jy staan. Jou verslawing aan geld, of jy vryheid hiervan, wys waar al jou skatte opgeberg word. Jy kan nie God en mammon tegelyk dien nie. So leer Jesus ons. Jy moet kies - jou geld of jou lewe; jou aardse koninkryk of ’n skat in die hemel. Nee, jy kan nie beide tegelyk hê nie. Dis of God, of geld wat jou baas is. Verloor eerder jou lewe vir God as vir geld. Feit is, op ’n dag gaan jy jou laaste asem uitblaas. Vir wat wil jy jou lewe vir geld staan en verloor? Hoekom wil jy lewenslank werk vir ’n harde baas wat op die ou end nog jou siel ook gaan steel?


bottom of page