Ons forseer die murg uit 2019 se pype tot eer van die Heer
top of page

Ons forseer die murg uit 2019 se pype tot eer van die Heer


Ons is al ‘n paar dae deur die jaar-grens. 2018 het van naam verander. Of is dit van getal? In elk geval, dis nou 2019. Die nuwejaar gebeur in alle erns. Vir baie is dit “business as usual.” Vir ander is dit ’n nuwe begin. Opwinding, onsekerheid, afwagting… sulke emosies en nog vele meer, omring ons. Nie een van ons weet wat op ons wag nie, soos wat die Prediker skryf. Maar dit beteken nie ons sit passief en wag op daardie onbekende nie. Dan is ons slagoffers. Dan leef die lewe ons, pleks van andersom. Die Prediker leer dat ons die lewe moet gryp en opleef. Ons forseer die murg uit die pype van elke greintjie lewe tot ons beskikking. Ons doen wat ons hand vind om te doen tot eer van die Heer. Ons weier om slagoffers te wees van negatiewe emosies, probleme, “hang-ups” en ander se geite! Hulle moeilikgeit en omgekrapgeit is hulle probleem. Ons is hier in 2019 om te skitter en te skyn vir die Here.


bottom of page