Tyd loop; koop dit uit
top of page

Tyd loop; koop dit uit


Die enigste rede hoekom tyd bestaan, is sodat alles nie tegelyk gebeur nie. So sê Albert Einstein. Tyd is ‘n wonderlike ding. Tyd genees wonde. Tyd bring afstand tussen ons en slegte ervarings. Maar ons het nie elke slag tyd nodig om oor iets te kom nie. Anders sou ons gedurig op ‘n hopie moes gaan sit totdat ons beter voel. Die lewe werk egter nie so nie. Ons moet die tyd uitkoop, sê Paulus. Vandag is eintlik al tyd wat ons tot ons eie beskikking het om God se wil te doen. Ons mag nie uitstel tot môre wat ons reeds vandag vir Hom kan doen nie. Ons kan nie wag tot volgende week, oftewel tot in 2019 nie! In Galasiërs 6:10 skryf Paulus dat ons moet goed doen aan alle mense en veral aan huisgenote in die geloof solank as wat ons die kans het om dit te doen. Nou ja, ons het vandag ’n ganse dag vol propvol tyd tot ons beskikking. Gryp dit met albei hande aan, al is dit vakansie. Hierdie tyd van die jaar is juis ’n goeie tyd om die regte soort tyd-bestuur baas te raak. Ek praat van God se soort. Carpe diem!


bottom of page