Openbaring Hoofstuk 22 [video]
top of page

Openbaring Hoofstuk 22 [video]


DIE EPILOOG

Die slot van Openbaring word gekenmerk deur herhaaldelike aankondigings van Christus se spoedige terugkoms. Verskillende sprekers kom hier aan die woord, naamlik ʼn engel (6, 9-11); Johannes (8; 20b-21) en Christus (12-16; 20a). Johannes en sy lesers hoor in vers 10 dat die inhoud van hierdie profetiese openbarings glad nie geheim gehou mag word nie. Dit moet bekend gemaak word, want die einde is naby, soos wat vers 7, 10, 12 en 20 bevestig. Die Gees Self is die Een wat hierdie woorde se waarheid in die harte van mense moet inbrand. Daarom volg die dringende uitnodiging in vers 17 aan letterlik alle mense deur die Gees en die Bruid (vgl. Jes. 55:1) om te kom deel in sy ewige redding. Na ʼn ernstige waarskuwing om hierdie profetiese woorde nie te verag of af te water nie, omdat dit ewige implikasies inhou vir mense wat so dwaas sou wees (vers 18-20), volg ʼn laaste seën as Christus vir die derde keer in hierdie gedeelte uitroep: “Ek kom gou!” Hierop sê die ganse kerk dan amen. Oor en oor roep God se aarde-kerk steeds hier aan ons eie kant van die draad uit: “Maranata! Kom Here!” Asseblief, kom tog gou!

* Teks geneem uit Ontsluit die Bybel. 2015. CUM uitgewers.


bottom of page