Gebede uit die Woord [resensie]
top of page

Gebede uit die Woord [resensie]


Die Bybel bevat talle gebede wat gebore is vanuit verskillende omstandighede en deurleefde teologie bevat, die gedagtes van gelowiges wat in krisistye of beproewings, versoekings of wanneer dinge reg loop, met God praat en oor God praat.

In dié boek kry jy 90 sulke gebede, almal uit die Bybel. Die skrywers verteenwoordig talle mense en groepe. Jy kry gebede van Jesus, die Psalmdigters, Dawid, die priesters, Jakob en Jeremia, Daniël en Miga, Moses en Salomo, Esra en Jesaja, Nehemia en Klaagliedere, Jona, die engele en die skaapwagters, en Paulus.

Sommige van die gebede is bekend en word baie keer gebruik. Ander is onbekend en verras ‘n mens omdat jy dit nou los van die konteks lees waarbinne dit gewoonlik funksioneer, wat die Bybelse verhaal is.

Wat die boek verder uniek maak, is die pragtige weergawes van klassieke sketse van gebedstonele uit die Bybel. Die sketse spreek alreeds ‘n mens aan. Verder is dit ‘n hardebandboek wat dit duursaam maak, en is dit pragtig afgewerk.

As jy dink aan ‘n geskenk waarmee jy iemand se lewe kan verryk, is dié boek een wat herhaaldelik gebruik gaan word. Dit gaan ook nuttig vir jouself wees want daar kom in meeste van ons se lewe tye dat ons woorde opraak en ons nie kan bid nie. Vertrou dan dat die Heilige Gees vir jou sal intree en gebruik die woorde van Bybelse skrywers wat jou geloof gaan versterk.


bottom of page