Die liefde is nie kieskeurig nie
top of page

Die liefde is nie kieskeurig nie


“As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom en wat lief vir julle is, moet julle nie verwag om ‘n medalje vir goeie diens by God daarvoor te kry nie. Almal doen dit tog, ook die slegte mense wat hulle nie aan God steur nie.” Lukas 6:32a

Dis regtig nie altyd maklik om van alle mense te hou nie. Ons verskil mos maar in ons lewensuitkyk, die manier hoe ons leef, die dinge waarvan ons hou en in hoe ons mense sien. En dan is vooroordeel, veroordeling en kieskeurigheid ook mos maar deel van ons menswees.

Dis waarskynlik waarom die Woord nie sê dat ons van alle mense moet hóú nie. Die opdrag is eenvoudig: Ons moet lief wees vir álmal ... ja, selfs vir hulle van wie ons nié hou nie. Dis nie maklik nie. Maar dis moontlik wanneer ons deur die Gees leef. Wanneer ons toelaat dat Hy ons vul en ons lewens bestuur, is liefde vir almal soveel meer moontlik.

Bid van vandag af dat die Gees jou hart so sal verander dat jy lief sal wees selfs vir dié mense waaroor jy nie mal nie. Vra dat Hy jou sal help om hulle deur sý oë te sien. Dit sal jou help om hulle ánders te sien ... deur ‘n hart van liefde te sien.

Heilige Gees, U ken my hart en weet hoe ek sukkel om regtig álle mense lief te hê. Sal U asseblief my hart radikaal verander?


bottom of page