Om mekaar te ondersteun

December 4, 2018

Deur die afgelope dekades se seisoene van swaarkry, het ek dikwels gewonder hoekom. Dis uiters ongemaklik om by die supermark se kasregister te staan terwyl die supervisor nadergeroep word om ‘n paar items van die lysie af te haal omdat ek te min kontant het. Gelukkig is dit minder ongemaklik om deur ‘n winkel te stap en die mooi produkte te bewonder sonder om te kan koop.

 

In daardie seisoene het ek ervaar hoedat God keer op keer voorsien in my behoeftes, natuurlik gewoonlik deur ander mense. Só het ek geleer om sensitief te wees vir wanneer Hy wil dat ek vir ander moet help. Nie dat ek altyd geluister het nie! Ek het bv. onder die indruk gekom dat ek vir ‘n kennis wat swaarkry in hulle finansiële krisis, ‘n bos blomme moes neem. Ek het nie na die sagte stem van die Heilige Gees geluister nie en moes ‘n paar dae later hoor hoedat sy in vervoering was oor die blomme wat iemand anders vir haar gegee het.

 

Met hierdie les agter die blad, het ek geweet om die helfte van die paar hoenders wat ek present gekry het, vir haar te gee. Sy, weer, het vir my die helfte van die kissie tamaties wat sy present gekry het, gegee. So het ons albei die seën van uitdeel kon ervaar.

 

Terwyl ons baie jare gelede deur ‘n huwelikskrisis gegaan het, het ek nooit kon droom dat die Here ons ‘n halwe leeftyd later sou gebruik om ander in ‘n huwelikskrisis te ondersteun en bemoedig nie. God het teen hierdie tyd soveel van sy waarhede in ons gedeponeer dat ons ook ‘n ouerpaar wat ‘n krisis met ‘n tienerdogter deurmaak, kon herinner aan die beginsels wat Hy in sy Woord gee, beginsels wat hulle ook in hulle krisis kon bemoedig. Deur net weer hulle fokus op Jesus te plaas, op sy liefde en krag en wysheid in plaas van op die probleem, is hulle met nuwe moed terug huis toe en kon die situasie rustig en kalm hanteer.

 

Kom ons dra ook in hierdie Feesseisoen mekaar se laste, laste wat dikwels agter ‘n vrolike front weggesteek word, maar wat veral in hierdie seisoen seer en swaar is. Kom ons luister na daardie sagte stem wat sê: “Gee ‘n blommetjie, of ‘n drukkie, of ‘n week se kruideniersware.” Om te gee is beslis wonderliker as om te ontvang.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: