Openbaring Hoofstuk 18 [video]
top of page

Openbaring Hoofstuk 18 [video]


In hoofstuk 18 word die vernietiging van Babilon grafies beskryf. Omdat sy die hele wêreld met haar bose virus vergiftig het, word die volk van God opgeroep om dadelik pad te gee van haar af (18:4-5). Hulle moet haar morele besoedeling vermy. Ook moet hulle weet sy is die bloedvergieter van God se martelare op aarde (18:24) Soos Babel van ouds, stapel al haar sondes op tot teenaan die hemel. Daarom dat die saai- en oes-motief in vers 6-8 geld. En daarom dat me. Babilon se begrafnis sommer ook hier plaasvind. Sy word deur God vernietig. Die enigstes wat bly is oor haar ondergang is die hemele, insluitend God se heiliges, apostels en profete (18:20).

In 18:9-19 word me. Babilon se begrafnis beskryf. Hoe tree die bose konings, sakemanne en seevaarders onderskeidelik by haar begrafnis op? Hoekom lewer hulle nie goeie huldeblyke nie?

* Teks geneem uit Ontsluit die Bybel. 2015. CUM uitgewers.


bottom of page