Die sondvloed
top of page

Die sondvloed


Genesis 7:2 Ons lees in Genesis 6 dat Noag onberispelik geleef het. Hy was ‘n regverdige man. God is teleurgesteld in die mense en al die geweld op aarde. Hy gee Noag die opdrag om ‘n ark te bou. Ek kan net dink hoe die mense geskinder het. Noag moes baie teenstand weerstaan het.

God gee hom die opdrag om sewe pare van alle soogdiere en voëls in die ark te neem en slegs twee pare van die onrein diere, om alle diersoorte se voortbestaan te verseker op die aarde na die vloed.

Noag voer al hierdie opdragte getrou uit. Ons moet die prentjie wat die Kinderbybel aan ons voorhou van slegs twee pare diere uitvee uit ons gedagtes en onthou dat daar sewe pare van die rein diere in die ark geneem is.

Deur die geskiedenis van Noag, leer ons dat God getrou is teenoor die mensdom en Sy skepping. Al is Hy teleurgesteld, spaar hy die diere en die mense. Hy begin weer voor met die skepping en gee dit nog ‘n kans.

God is die God van tweede kanse en voor begin. Hy sluit telkemale met ons weer ‘n band, al verdien ons dit nie. Hy voorsien dat die diere en voëls voortplant deur sewe pare te spaar. Dit is die wonderbare God wat ons dien, die God van oor en voor begin. Ons loof Sy Naam daarvoor.


bottom of page