Om Hom lief te hê terwille van Hóm!
top of page

Om Hom lief te hê terwille van Hóm!


‘n Groentetuinier het op ‘n dag ‘n heerlike groot wortel in sy tuin ontdek. Dadelik het hy dit afgewas en met groot vreugde dit aan die koning oorhandig. Die koning het sy opregte hart gesien en gee toe dadelik in ruil daarvoor vir hom ‘n groot stuk land. Een van die hofamptenare het die gesprek gehoor en dink toe: “My aarde, as dít is wat die koning in ruil gee vir ‘n wortel, dink net wat kan hy vir mý gee vir ‘n perd!” Die volgende dag neem hy toe met groot verwagting een van sy perde na die koning. Die koning het egter sy hart geken. Sonder om die geskenk te aanvaar, dank hy hom summier af. Toe die hofamptenaar ontsteld vra waarom die koning dan so onkonsekwent is, was sy eenvoudige antwoord: “Die tuinier het die wortel vir my uit die diepte van sy hart gebring. Jy het nie die perd vir my gebring nie. Jy het dit vir jouself gebring!”

Dis so maklik om godsdiens vir ons eie voordeel te gebruik. Om te glo dat, ás ons ons Vader dien, ons iets daardeur gaan kry. Of dat Hy daarom teëspoed en ongeluk van ons af sal weghou. Ja, dis maklik om God lief te hê ter wille van “my”.

Ons Vader wil hê dat ons Hom onvoorwaardelik en sal liefhê nie oor onsself nie, maar net omdat Hy God is.

Here-van-my-lewe, ek het U baie baie lief!


bottom of page