Om ’n geliefde van die Here te wees
top of page

Om ’n geliefde van die Here te wees


“I am successful, powerful, handsome, happy.” Dit sê die hoofkarakter in die fliek Evan Almighty gereeld vir homself voor ’n spieël. Sulke taal is tipies van ’n wêreld waar mense se selfbeeld bepaal word deur dit wat hulleself en ander mense van hulle dink in terme van sukses en voorkoms. Sosiale media maak hierdie selfliefde net nog erger, want hier kan jy gedurig vir almal via jou jongste foto’s en verhale wys hoe suksesvol, beroemd en oulik jy nou eintlik is. Feit is, as jy nie diep in jouself weet jy is ’n geliefde van die Here nie, sal sulke taal en sosiale-media spogsessies nooit genoeg wees nie. In God se oë het jy regtig groot waarde. Hy ken jou op jou naam. Die goeie Herder noem jou Syne omdat jy in Hom glo. Hy ken jou as een van sy kinders, nie as ’n mislukking of ’n selfgemaakte sukses nie. Jy hoef regtig nie aan eindelose prestasie-klousules te voldoen om die Here se guns te probeer wen, of om sy aandag te trek nie. Die kruis van Jesus vertel alles is kant en klaar uitgesorteer. Jou skuld is afbetaal. Jy is goed genoeg. Jy is geliefd daar waar dit vir altyd saakmaak.


bottom of page