Openbaring Hoofstuk 15 [video]
top of page

Openbaring Hoofstuk 15 [video]


DIE STRYD DUUR VOORT (OPENBARING 15-16)

Openbaring 15:1-16:21 se visioen van die houers vol Goddelike wraak wat op die aarde uitgegooi word, weerspieël dieselfde tipe taal as dié van die sewe seëls en trompette:

8:2 Inleiding 15:1 Inleiding

8:3-5: Hemel: gebede van heiliges 15:2-8: Hemel: ‘n triomflied

8:6: Trompette is gereed 16:1: Opdrag om wraakbakke

uit te gooi

8:7: 1ste trompet: hael en vuur 16:2: 1ste wraakbak: die land

word getref

8:8-9: 2de trompet: die see word bloed 16:3: 2de bak: die see word

bloed

8:10-1: 3de: varswater word bitter 16:4: 3de bak: varswater word

bloed

8:12: 4de: son, maan en sterre skakel af 16:8-9: 4de bak: die son

verbrand mense

9:1-12: 5de: sprinkane en pyn 16:10-11: 5de bak: duisternis

en pyn

9:13-21: 6e: ruiters bring dood 16:12-14: 6de bak: Eufraat oop

vir bose konings

10:1-11:4: Die kerk se roeping 16:15: Wees gereed!

11:15-19: 7e trompet: aardbewing, rampe 16:17-21: 7de bak: reuse

aardbewing

Te midde van al die chaos wat gebeur as die wraakbakke uitgegooi word, is dit nie net die 144 000 aardse martelare van die Lam wat lofliedere op aarde sing nie. Ook diegene wat reeds in die hemelse heerlikheid aangekom het, sing ʼn nuwe lied. Dit staan bekend as die lied van Moses en die Lam (15:2-4). Met hierdie nuwe uittog weet die martelare die ware Beloofde Land wag op almal wat die Lam aanbid. Hulle marteldood (11:7; 13:7) skei hulle nie van Christus nie, want hulle oorwin saam met Hom (12:11; 17:14). Hulle én die aardse kerk sing dus terwyl die goddelose konings uit die Ooste opruk onder aanvoering van die sataniese trio. Hulle trek deur die droë Eufraatrivier (as simboliese grens tussen die Romeinse beskawing en die barbare) om teen God se mense te veg (16:12-16). Die martelare weet egter die geveg is nie hulle s’n nie, maar God s’n. As die goddelose nasies by Megiddo saamtrek op die Jisreëlvlakte, word die bose trio en die nasies met hemelse haelstene uitmekaar gejaag deur die ingryping van ʼn enkele engel. Hierdie terrein simboliseer die opstand van die nasies teen God, synde dit ʼn bekende slagveld was in antieke tye (vgl. Rigters 4-7; 1 Sam. 31; 2 Kon. 23).

Vergelyk Moses se lied by die uittog in Eksodus 15:1-9 en Deuteronomium 31:30-32:43 met hierdie lied in 15:2-4. Watter ooreenkomste en verskille staan dadelik uit?

* Teks geneem uit Ontsluit die Bybel. 2015. CUM uitgewers.


bottom of page