Hoe lief het jy God en ander regtig?
top of page

Hoe lief het jy God en ander regtig?


God het jou vreeslik lief. Oneindig, onveroordelend en onvoorwaardelik is jy in sy hart. Hoe heerlik om dit te weet en Hy jou régtig sy eie kind gemaak het.

Maar juis omdat Hy ons so onuitspreeklik lief het, vra Hy dat ons daardie selfde liefde ook sal uitdeel. Die verhaal van Jesus en die tollenaar, Saggeüs, vertel vir ons so baie van die soort liefde wat Hy van ons verwag.:

  • Jesus se liefde sien nie klasse nie. Sy hart is ruim genoeg om álle mense van alle vlakke van die samelewing te aanvaar.

  • Jesus is nie daarop uit om te veroordeel nie. Veel eerder koester hy sondaars met sy liefde sodat hulle nie anders kan as om liefde terug te gee nie.

  • Jesus wys sy liefde prakties. Sy liefde is nie net lippetaal nie. Hy wys sy aanvaardingsliefde deur na Saggeüs se huis te gaan en saam met hom te gaan eet.

  • Jesus bevestig sy liefde deur hierdie tollenaar onvoorwaardelik te vergewe en dit uit te spreek.

Kom ons vra onsself elke dag: Het ek ander so lief soos wat Hy mý het? En het ek hulle lief soos Hy hulle het. Of is my liefde nog met voorbehoud?

Jesus, help my asseblief om lief te hê soos U. Laat ander deur my hoor, sien en voel dat ek hulle onvoorwaardelik liefhet.


bottom of page