Waag nuwe dinge vir die Here
top of page

Waag nuwe dinge vir die Here


In April 1626 het die bekende geleerde, Francis Bacon, in die middel van die winter in Highgate, noord van Londen in ’n koets saam met die koning se dokter gery. Toe tref ’n idee hom: “wat as mens rou vleis met ys kon preserveer? Sou dit nie langer vars bly nie?” So opgewonde was Bacon hieroor dat hy die koets tot stilstand gebring het en ’n plaaslike vrou oortuig het om net daar ’n hoender te slag. Toe het hy dit toegepak met ys. Helaas het sy eie plan op homself teruggeplof. Bacon het longontsteking opgedoen en is ’n paar dae later dood. Eers in 1924 het Clarence Birdeye daarin geslaag om ’n vrieskas te ontwikkel wat kommersieel bemarkbaar was. Feit is, nuwe idees vat moeilik pos. Ook op die geloofsfront. Wie sou ooit vir Abraham ernstig opvat dat sy nuwe roete agter die Here aan op 75 jarige leeftyd die ganse wêreld sou verander? Of Martin Luther se papier aan ’n kerkdeur op 31 Oktober 1517? Maar so werk God. Sulke waagmoedige mense skuif egter die wêreld in sy Naam. Sluit by hierdie klein groepie aan. Waag dit 'n slag met 'n nuwe bediening, 'n vars Bybelstudie, of 'n uitreik. Doen net iets. Goeie intensies is nooit genoeg nie.


bottom of page