Tyd vir ’n paar taal-lesse
top of page

Tyd vir ’n paar taal-lesse


Iemand sê eenkeer hy is diep teleurgesteld met my. Toe vra ek hom of hy dit nie dalk kan afgradeer na “vlak teleurgesteld” nie; dan het ek darem so ’n bietjie ruimte vir verbetering. Hy wou nie! Nou ja, vele mense is sommer uit die staanspoor diep geskok, diep ontnugter, of diep seergemaak. Hulle mag dalk sê dis net uitdrukkings, maar dis nie heeltemal korrek nie. Al ons woorde vloei voort uit ons kop en hart se taalstoor. As ons taal dan al so gestagneer het dat ons amper enigiets onbedoeld of onnadenkend kan sê, is dit hoogtyd vir vars taal. Wat van ’n paar vinnige Bybelse taal-lesse:

  1. Vra saam met Psalm 141:3 vir God om ‘n permanente wag voor jou mond aan te stel. Dan dink jy voordat jy praat.

  2. Weet saam met Spreuke 18 dat kwetsende woorde soos messteke is wat ander stukkend praat. Hou dadelik op om so te praat. Dit maak jou van binne af siek, en dit maak ander mense seer.

  3. Weet saam met Spreuke 10:20 dat opbouende woorde soos kosbare silwer is. Dit bou ander op Praat sulke taal. Dit maak God se hart bly en dit maak jou ook vry.


bottom of page