Herkou die Woord
top of page

Herkou die Woord


Beeste herkou! Hulle vreet gras tot op ‘n seker punt en sluk dit sodat hulle dit weer later kan herkou. Wanneer hulle dan later die stukkies gras weer en weer kou, word dit deel van hul metabolisme ... voed dit hulle …word dit deel van hulle.

Ek en jy kan gerus iets hiervan toepas wanneer ons die Woord inneem. Want nie alles wat ons lees, kan dadelik sommer net deel van ons word nie. Soms moet ons eers die waarhede van die Skrif weer en weer oordink en dit stadig afsluk sodat dit werklik deel van ons lewensritme kan word.

Liewe leser, dis normaal om soms nié alles te verstaan nie, nie sin uit die Woord te maak nie of nie gereed te wees om iets jou eie te maak nie. Maar bly dan maar net dink daaroor. Dink oor dit wat die Skrif jou leer en vra dat die Gees dit in verstaanbare dele in jou hart sal afbreek sodat dit deel van jou kan word.

Jy sal vind dat hoe meer jy die Skrif oordink, hoe lekkerder word dit om dit te lees en hoe meer word … die Skrif jý. Mag die Woord van God en sy Gees deel word van jou hele wese. Van dit wat jy dink, glo ... en leef!

Gees van God, help my om u woorde my woorde te maak. U heiligheid my lewe.


bottom of page