God hou van vreemde mense
top of page

God hou van vreemde mense


God bemoei Hom met vreemde mense. Die storie van Israel se inname van Jerigo onderstreep dit. Moses het vooraf twee verspieders gestuur om daardie omgewing te gaan verken. In Jerigo het hulle in die huis van ’n sekswerker genaamd Ragab opgeëindig. Toe die koning van Jerigo van hulle teenwoordigheid hoor, was almal in rep en roer. Ragab het egter hierdie twee manne weggesteek in haar huis. Drie dae later het sy hulle met ’n rooi tou teen die muur van haar huis in die stadsmuur laat afsak. In ruil vir hulle gespaarde lewens het die verspieders beloof om Ragab en haar familie te red wanneer hulle Jerigo binneval. Op sulke vreemde maniere werk God graag. Hy sien berugte mense ook raak. Op onortodokse maniere red Hy hulle. Vra vir Ragab. Sy het niks gehad om te verloor nie, maar alles om te wen. En toe wen sy presies dit! Trouens, Ragab het so groot gewen dat niemand minder nie as Jesus uit haar aardse nageslag gebore is. So vertel sy geslagsregister vir ons in Matteus 1. Praat van genade! Jesus was trots om so ‘n geloofsheldin in sy aardse bloedlyn te hê. Die les: niemand het ooit te ver geval dat God hom of haar nie kan vang en weer kan oprig en gebruik nie.


bottom of page