top of page
deur Milanie Volsoo

Omhels ‘n boom


Ek dink nie jy lees hierdie dagboek om ‘n preek oor “Save the World” te hoor of omdat jy ‘n noodwendig wil hoor hoe jy ‘n groter “tree-hugger” kan word nie. Tog het ons in die vorige twee stukke mekaar net weer herinner aan die groot taak wat God vir ons gegee het toe Hy gevra het of ons na sy wonderlike skepping sal kyk.

Miskien doen jy al baie van hierdie dinge en meer. Maar kan ek jou vandag aanmoedig om sommer net weer bewus te wees van die volgende basiese lewe-besparings-oefeninge?: Plant regtig ‘n boom waar en wanneer j kan; Skakel alle elektriese toestelle en ligte af wat nie nodig is nie; Gebruik water spaarsamig; Stap, ry fiets of ry saam wanneer jy kan; Verminder die klomp goed wat jy koop en gee weg wat jy nie gebruik nie; Gebruik ou goed op nuwe maniere; Wees buite wanneer jy kan ...

Liewe leser, ons hoef nie die hele wêreld te red nie. Ons hoef slegs verantwoordelikheid van ons eie leefstyl en wêreld te neem om dit te help bewaar wat ons verniet gekry het: lewe!

Mag die Gees my en jou elke dag herinner aan maniere en plekke waar ons ... ‘n boom kan omhels!

Onderhouer van die Aarde, ek wil saam met U werk aan ‘n beter wêreld ... ‘n wêreld wat môre steeds daar sal wees.


bottom of page