Gebede wat God altyd verhoor [resensie]

September 11, 2018

Stephan Joubert. Gebede wat God altyd verhoor: Ontdek die geheim van gebed volgens God se wil en ervaar die vreugde van ‘n lewe in sy Teenwoordigheid. CUM. 2018

 

Ek vermoed daar is talle gelowiges wat met onbeantwoorde gebede oor lang periodes saamleef wie se geloof met tye daardeur uitgedaag word. Hulle beleef die afwesige God wat in dawerende stilte hulle gebede aanhoor en twyfel later daaraan of hulle werklik God se kinders is, of dat God in hulle belang stel of dat Hy selfs bestaan.

 

Aan die hand van die bybelse profeet Habakuk se lewe en profesie gesels Stephan oor die vraag hoekom God sekere gebede verhoor en skynbaar ander ‘ignoreer’.

 

Stephan som die boodskap in Habakuk op met: Sommige se ervaring is dat God nêrens is. As jy na Hom soek, lê die antwoord daarin dat jy wag op Hom. Dan vind jy uit: Hy is nou hier. En Hy is oral.

 

Uit Jesus se gebed in Johannes 17 lei Stephan af dat Jesus verhouding-gebaseerd bid en nie behoefte-gebaseer nie en dat Hy sy aardse familie insluit by sy intieme familieband met sy Vader. Die geheim is dat sy woorde in ons bly. Die twee kortste gebede in die Bybel is ook die vinnigste verhoor: die gebed van die tollenaar wat sê dat hy ‘n sondaar is wat hulp en genade nodig het en die man aan die kruis se gebed wat vra dat Jesus aan hom moet dink wanneer Hy in sy koninkryk kom.

 

Die laaste hoofstuk is ‘n nuttige handleiding vir gebed in die vorm van ‘n Bybelstudie, wat vra: wat is gebed? Hoekom bid ons? Watter knikke in die pad verhinder ons om te bid of om effektief te bid? Watter gebedsgebruike is nie regtig noodsaaklik nie en wat ons maklik kan pootjie? Wat is die noodsaaklike boustene vir gebed? En watter soorte gebede kry ‘n mens?

 

As jy al Stephan se boeke gelees het, hoef niemand jou te oortuig om dié boekie in die hand te kry nie. In 130 bladsye deel die skrywer soveel waarhede oor gebed met jou dat jy telkemale gaan vind dat ‘n mens teruggaan na ‘n vorige hoofstuk om weer daarna te kyk.

 

Daar is niks outomaties of meganies aan gebed nie omdat die hart van gebed ‘n verhouding met Iemand Anders is wat anders as jy is. Verryk jou verhouding met die Here – met Stephan as jou gids.

 

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 19, 2019

November 15, 2019

November 12, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: