Ons gebruik ons wêreld op!
top of page

Ons gebruik ons wêreld op!


Ons vra meer as wat die aarde ons kan gee! En dit, sê die wetenskaplikes en navorsers gaan ons mensdom duur te staan kom.

Die wêreldbevolking het reeds meer as 7 biljoen oorskry. Nie ‘n probleem as dit oor ruimte gaan nie, want as 7 biljoen mense skouer aan skouer staan, sal hulle slegs die ruimte van Los Angeles beslaan en sal die res van die aarde leeg wees. Die probleem van ons wêreld is dus nie ruimte nie, dis die uitputting van die kosmos: die opgebruik van ons water- en energiebronne.

Die vraag is: wat doen ek en jy daaraan? Daar is heelwat webtuistes en bronne waaruit ons wenke kan kry om ons natuur te help spaar en baie daarvan doen ons dalk al. Maar miskien doen ons nog nie genoeg nie. Miskien wil die Skepper ons vandag weer sensitief maak vir die feit dat ons aangestel is om sy skepping op te pas en dat dit ons dit juis nou meer as ooit met groter passie moet doen.

Ons is so gewoond aan die vanselfsprekende soos lopende water en elektrisiteit. Mag ons, wat bevoorreg is, sensitief genoeg wees om kreatief te dink aan maniere en plekke waar ons die wonderlike skepping kan oppas.

Kom ons help God om sy wonderlike kosmos – ons wêreld – op te pas en te koester.

Here, wys my hoe ek kan die lewe kan oppas en bewaar!


bottom of page