Lyding maak so sin
top of page

Lyding maak so sin


As daar enige sin in die lewe te vind is, dan moet ons dit in lyding vind. So meen Victor Frankl. Hy sal weet want hy moes gedurende die tweede wêreldoorlog Auschwitz se hel deurleef as ’n gevangene. Nie een van ons is slagoffers van die lewe nie, selfs nie eens as die lewe se skerpste kante ons tref en diep seermaak nie. Die Eerste Petrusbrief vertel vir ons dat lyding en teenstand ons nooit gestrand laat nie. Petrus leer met name in 1 Petrus 2 dat toe Jesus wreed mishandel is en aan die kruis vermoor is, Hy nooit met bitterheid of woede gereageer het nie. Jesus het God se hand in sy eie lyding styf vasgehou. Hy het na God gekyk toe die lewe se slegte kante Hom geteiken het. Jesus is vir ons die voorbeeld van weerlose standvastigheid. Weerloosheid- want soms gebeur daar dinge met ons wat sleg en wreed is, maar ook standvastigheid, want in sulke tye vra dit innerlike karakter om aan God vas te hou. Nooit is ons alleen nie. Ons God wat self ook lyding ken, is hier by ons. Sy nabyheid is ons lig.


bottom of page