Kruispad vir Kara: ‘n Roman [resensie]
top of page

Kruispad vir Kara: ‘n Roman [resensie]


Kara is die bedorwe brokkie wat alles kry wat sy wil hê. Beeldskoon en begaafd, skatryk en omring met alles en almal wat mooi is. Die lewe glimlag oor haar. Sy is joolprinses en kies en keur met wie sy uitgaan.

Tot haar pa sterf en sy en haar ma ‘n bankrot boedel erf. Hulle verloor alles, selfs die huis waarin hulle bly.

En skielik vind Kara uit wat vriendskap behels. Meeste van haar vriende los haar soos ‘n vuil lap agter. Die enigste wat nog in haar belang stel, is die onwaarskynlikes, die mense met wie sy haar vroeër nie juis opgehou het nie.

En Kara vind ook uit wat is armoede en swaarkry en lyding, en wat die pyn en bate daarvan inhou. Sy vind uit water vriende haar slegs gebruik het, die mooiweersvriende. Maar sy vind ook uit wat ware liefde is en Wie die bron van ware liefde is.

Helene de Kock se verhaal is oortuigend geskryf. Sy is ‘n meester-storieverteller, met ‘n PhD in Skryfkuns. En die treffende van die verhaal is dat haar hoofkarakter uitvind wat ‘n mens staande kan hou te midde van die krisisse wat die mat onder jou voete uitruk. Sy leer God ken.

‘n Mens is so dankbaar vir goeie romans wat deur Christene gelees kan word terwyl daar baie ander is wat ‘n wêreldbeeld en waardes demonstreer wat nie vir gelowiges aanvaarbaar is nie. Helene se diep geloof kom duidelik in die verhaal na vore maar ook haar ondervinding met lyding en swaarkry.

Hier het jy ‘n verhaal wat jou diep gaan ruk. Lees dit en gee aan vir iemand wat ook baat daarby kan vind. Ek meen dit kan ‘n wonderlike middel wees om iemand te ondersteun wat self deur swaarkry gaan. En selfs ‘n wyse om iemand die pad na die Here aan te dui.


bottom of page