Vroomheid is nie aldag die beste meetinstrument nie
top of page

Vroomheid is nie aldag die beste meetinstrument nie


Vir meer as 14 jaar behartig ek ‘n klein kolom in die dagblad Beeld genaamd Goeie Nuus. Dit gebeur vanaf Dinsdag tot Saterdag. Die inhoud van hierdie kolom word nie in ekerk se Goeie Nuus gedupliseer nie, maar vandag gebeur dit wel. ‘n Onlangse Goeie Nuus bydrae in Beeld het lekker gesprekke tot gevolg gehad. Hier’s dit weer:

Nou die dag hoor ek van iemand wie se vroomheid in die publiek aangeprys word omdat hy godsdienstige trompette blaas; in gebeds-komberse slaap; nagte lank bid, en graag vertel hoedat die Gees direk met hom praat. Toe besef ek opnuut dat ek ’n geestelike liggewig is. Ek blaas nie sjofars nie; bid nie almal gesond nie, en berei dae lank voor aan my preke. Ook weet ek nie elke keer of ek links of regs moet draai op die Here se pad nie. Middelmatigheid is meermale my metgesel. Onsekerheid is soms op my hakke.

Maar ek weet een ding: die genadige God het my ingeloop. Christus het my opgespoor toe ek in donkerland weggekruip het. Elke keer as ek struikel, kom soek Hy my maar weer op. Wanneer ek nogmaals my middelmatige self is, gebruik Hy my ten spyte van myself. Hy doen dit sodat ek nie Sy eer steel, of ooit op my eie vermoëns steun nie. Dis my getuienis… en my vaste hoop!


bottom of page