Leef sy waarheid deur jou?
top of page

Leef sy waarheid deur jou?


Dis maklik om God in iemand te sien. En moeilik. Want God kan net sigbaar in ons lewens wees as ons Hom toelaat om ons met sy heerlikheid te vul. Wanneer ons sonder Hom wandel, wýs dit: Dis sigbaar op die uitdrukking op ons gesig, hoorbaar in ons woorde en sigbaar in die dinge wat ons doen of dalk juis nie doen nie. Maar genadiglik laat maak God Homself ook sigbaar deur ons wanneer ons in ‘n hegte verhouding met Hom leef. Dis asof die Gees dan op ’n wonderlike manier vir ander sigbaar is in ons glimlag, hoorbaar is in die sagtheid van ons woorde en teenwoordig is in die dinge wat ons doen ... of dalk nie doen nie.

Dink jy mense sien iets van God in jou? Voel hulle sy liefde wanneer jy in hul teenwoordigheid is? Beleef hulle sy genade as jy hulle vergewe? Geniet hulle deernis en omgee deur die dinge wat jy doen? Leef jy so dat dit vir ander lekker lyk om kind van God te wees?

Wanneer jy voortdurend bid dat die Gees jou lewe sal vul, is dit vir ander maklik om Hom te sien. Wanneer Hy ver van jou af is, is dit soms bitter moeilik. Kies om vandag Geesvervuld te leef. Om Hom deur jou te laat leef.

Gees van God, dink vandag my gedagtes, praat my woorde, doen my dade ... ja, leef vandag my lewe.


bottom of page