My bekommernis

“Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is myne”  (Jes. 43:1)

 

Die lewe is vol onsekerhede en is stresvol. Onstabiliteit en veranderings het deel geword van ons daaglikse bestaan. Ons bekommer ons oor ons finansies (gaan my geld genoeg wees, wat as ek my werk verloor, is my familie veilig, moet ek emigreer?) Ons bekommer oor ons kinders, die toekoms, ons verhoudings en ons  gesondheid.

 

Die toekoms lyk dan ewe skielik nie meer rooskleurig en vol hoop nie, maar donker en onveilig. Ek begin nou in die nag wakker lê waar ek tob oor my omstandighede. Soos ‘n luislang sy prooi doodwurg voel ek hoe my bekommernisse die lewe uit my wurg.

 

Wanneer ek so voel is dit goed om biddend na God toe te draai, my af te sonder om in gebed en Bybelstudie antwoorde by Hom te soek. Om alles wat my pla na Hom te bring en by Hom agter te laat. Wanneer ek tyd in Sy teenwoordigheid spandeer, kry ek groter sekerheid van Sy liefde vir my en word ek gevul met Sy vrede en kalmte. My probleme is nie weg nie, maar ek is versterk en het krag om met nuwe perspektief die eise aan te pak. Ek leer dan ook om op Hom en Sy beloftes te vertrou. Dit raak dan makliker om gedagtes te verban wat my angstig en onseker kan laat.

 

God verstaan dat die lewe soms swaar is. Daarom nooi Hy ons uit om met al ons probleme, bekommernisse en vrese na Hom te kom. Hy wil egter hê dat ons op Hom moet vertrou. Hy ken ons deur en deur en sal ons nie meer gee as wat ons kan hanteer nie. 1 Petrus 5:7 nooi ons uit: ”Werp julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

 

In my swaarkry is dit goed om te weet dat die Here my onbeskryflik liefhet. So lief dat my naam in die palm van Sy hand geskryf is, dat die hare op my kop getel is. Daarom is dit so waardevol om op te kyk na Hom en nuwe perspektief te kry van waar my probleem inpas in Sy heelal, Sy Almag en Sy grootheid. Dan ervaar ek Sy vrede en kalmte.

 

Bekommernis ledig môre nie van sy droefheid nie, dit beroof vandag van sy krag (Corrie ten Boom)

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

November 1, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: