Is daar ’n doel met alles?
top of page

Is daar ’n doel met alles?


“Alles gebeur met ’n rede.” Sulke uitdrukkings wemel op sosiale media en in films, sepies en gesprekke. Nogtans is dit ’n skok vir mense om te moet hoor hierdie uitdrukking is nie per se godsdienstig nie. Almal, vanaf New Agers tot by Hollywood, gebruik dit. Hulle glo daar’s een of ander onpersoonlike, of in die geval van godsdienstiges, goddelike, oorsaak vir alles, of dit nou goed is of sleg. Dit “help” hulle blykbaar om dan nie verder na te dink oor goed of sleg nie. Paulus volg ’n ander roete in Romeine 8:35-39. Hy bied nie ’n rasionele antwoord op die vraag na doel van die lewe nie, maar ’n relasionele een. Hy skryf naamlik dat niks in hierdie lewe ons kan skei van die liefde van Christus nie. Om dit te bevestig, noem hy alle moontlike dinge op wat die potensiaal het om dit te doen: bose magte, kragte, dood, lewe, lyding, teenstand, vervolging, moord… Hierna sê Paulus dat niks ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus nie. Ons troos is dat Christus in alles by ons is. Die verhouding met Hom is altyd en orals stewig in plek, maak nie saak wat gebeur nie. Geloof gaan oor ’n relasie, ’n lewende een!


bottom of page